Uit wat ons beleef, is dit duidelik dat die kerklike inslag, besig is om te verander, van ‘n pastorale kerk na ‘n apostoliese kerk.
Die pastorale kerk
Dit is waar die fokus van die kerk is, om die behoefte van die mens te vervul, en die mens form deel van die kerk sodat die kerk kan omsien na sy behoeftes.
Die apostoliese kerk
Die verskuiwing vind plaas van die pastorale kerk, na die apostoliese kerk, dit is waar die Apostel en die Profeet ‘n hoof rol gaan speel, deurdat hulle uit God se hart verneem, dit wat God in sekere situasies wil doen, en hulle “decree” dit dan in vervulling.
Hier is ‘n belangrike verskil: dit is nie die mens, wat ‘n oplossing vir sy problem bedink, en God dan smeek, soebat, dwing en manipuleer om dit wat hy verlang te bewerkstellig nie. Dit is een van die belangrikste verskuiwings in die kerk dispensasie. Dit is inderdaad om te bepaal waar God besig is om te werk, en om daar standpunt in te neem, sodat God Sy behoefte aan ons openbaar, en dit word in vervulling gespreek.
Die kern van hierdie benadering word vervat in ons vertroue van God.
Trust in the Lord with all your heart;
Do not lean on your own understanding
Acknowledge Him in all your ways
And He shall direct your paths
(Prov. 3:5)
Alhoewel ‘n oud-testamentiese beginsel, kan dit net so deurgetrek word na die Nuwe Testament, maar die onderbou van vertroue word in hierdie skrif deurgegee.
Om God te vertrou, beteken die volgende:
Do not lean on your own understanding
Dit is baie duidelik, dat die mens glad nie aangewese is op sy eie redenasie vermoë en dat ons nie ‘n oplossing aan God kan voorhou, wat Hy dan moet vervul nie.
Acknowledge Him
Dit word deur baie van ons aanvaar dat ons bloot God erken in wat ons doen, maar dit is glad nie so nie. Die woord “erken” in die Afrikaans, beteken heeltemal iets anders as “Acknowledge Him” in Engels.
YADA – is die Hebreeus wat vertaal word met Acknowledge, en dit beteken: “direct, intimate contact, in its highest form”. Die kommentare wys daarop dat hierdie uitdrukking verwys na lewe-gewende intimiteit soos dit tussen man en vrou in ‘n huwelik plaasvind.
Samevattend kan dit so gestel word:
It is an intimacy with God, in prayer, that: {1. Conceives; 2. Births } Blessings and Victories.
Die begrip word beter verstaan, soos daar verwys word na die voorbereiding van die baarmoeder om die saad te ontvang. YADA in eenvoudige terme, beteken om in intimiteit met God te sit, waarop ons dan, met Sy woord / Sy hartsbegeerte / Sy strategie bevrug word.
In all your ways
Die direkte vertaling kan as volg weergegee word: "This suggests, specific opportunities, a person may encounter on a recurring basis. This passage suggests that in all our specific opportunities, that we encounter from time to time, we should acknowledge God."
He shall direct your paths
Die woord in Hebreeus wat hierdie woord weergee is YASHAR. Dit beteken dat God jou weë sal reguit en gelyk maak.
“God will straighten out the path, of His devoted, trusting servant”
In die skrif, vind ons hierdie belofte aan Cyrus, die Babeloniese koning, sowel as Zerrubabel, waar dit so gestel word: “I will make the crooked places straight, and level the mountains”
Die nuwe testamentiese toepassing
In die nuwe testament, word ons opgeroep om in geloof te lewe. Die regverdige, sal deur geloof lewe, en nie by aanskoue nie.
Wat beteken dit? In eenvoudige terme, beteken dit dat ek handel op die openbaring in my hart – “Faith is action on revelation”.
So sonde, word gedefinieer op die basis dat ons die doel mis. Maar wat beteken dit in eenvoudige terme? In Romeine 14, is dit baie duidelik, dat enige iets wat ons doen, sonder ‘n oortuiging in ons hart, dat dit God se goedkeuring dra, is sonde. Kyk na die amplified vertaling:
We therefore walk, with a conviction of God’s approval, in whatever we do.
Samevatting
If in all your ways / days we maintain YADA (that is direct, intimate contact with God), God promises to direct our paths towards a fruitful life.
Die beginsels wat ek uitgehaal het is:
Die dispensasie waarin ons nou ingaan, gaan God werk soos en waar Hy wil, en ons sal geen beheer daaroor hê nie.
Hier was die voorbeeld gebruik, van die werking van weerlig. Weerlig word van die grond-vlak ge-aktiveer, waar die lading op die grond die elektriese lading vanaf die wolk, aarde toe trek. Ons moet dus uitvind waar God ‘n werk wil doen, en onsself so posisioneer, dat God ons in daardie posisie kan gebruik. Die Heilige Gees, skep dan ‘n atmosfeer waarbinne Hy in ons harte, die begeerte van God laat opwel, en die oomblik wat ons dit “release”, dan slaan die weerlig / dan manifisteer die werking van God.
God openbaar Sy wil, heel eerstens in gees-dimensie, wat ons dan moet waarneem, en ons eie moet maak. Dit word vertaal as “believe”, daar begin dan ‘n krag in ons werk en wanneer ons dan die Woord van God spreek, eien ons dit wat Hy reeds in die hemele beveel het, op aarde toe, sodat dit kan geskied op die aarde soos in die hemele.
Comments